Helde met Hoewe: Dapper : Juliette Whelpton
A5, 83p.
R150.00
Hierdie is Dapper se storie, die derde verhaal in die Helde met Hoewe-boekreeks. Net soos met Fleur en Bokkie, word die gebeure tydens die Anglo-Boereoorlog vanuit generaal Louis Botha se manjifieke Boerperd, Dapper, se oogpunt vertel. Die reeks is opgedra aan al die onbesonge perdehelde waarvan 500 000 tydens die oorlog gesterf het, is geskiedkundig korrek en geskik vir lesers vanaf 9 tot 99. Kom deel in die interessante inligtingsbrokkies, gedige en liedere sodat jy sing-sing saam in die hoefspore, deur die stof van ons verlede, vir Dapper, Malperd, Rooibok, Generaal en die ander helde kan volg.