Helde met Hoewe: Bokkie : Juliette Whelpton
A5, 82p.
R150.00
Hierdie is die verhaal van Bokkie, die legendariese perd van genl. Koos de la Rey, soos vertel uit die perd se eie bek. “ʼn Pragtige oorspronklike verhaal, sensitief en met deernis geskryf.” Professor Fransjohan Pretorius. Die reeks is opgedra aan al die onbesonge perdehelde waarvan 500 000 tydens die oorlog gesterf het, is geskiedkundig korrek en geskik vir lesers vanaf 9 tot 99. Kom deel in die interessante inligtingsbrokkies, gedige en liedere sodat jy sing-sing saam in die hoefspore, deur die stof van ons verlede, vir Dapper, Malperd, Rooibok, Generaal en die ander helde kan volg.