YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 138p.
R200.00
In Jesus se hande, is jou gebroke hart ‘n getuienis in wording.
Baie van ons word vasgevang in die seer spasie van “breakups”. Jy word platgeslaan wanneer die persoon vir wie jy so lief is, jou verlaat. Ek weet in hierdie spasie wil jy net huil, huil en nog huil. Die goeie nuus is: “Jesus is dié spesialis wanneer dit kom by ‘n gebroke hart.”
Ek belowe jy kan en gaan huil terwyl jy deur die blaaie van “HART BREEK BLUES” blaai. Hierdie boek is egter meer as net ‘n “breakup” storie. Hoe verder ek en jy in ons gesprek beweeg, hoe nader gaan jy kom aan die spasie waarin jou seerste hart breek in jou grootste getuienis kan verander. Jy is nie jou seer nie en jou waarde en identiteit is beslis nie gekoppel aan jou simpel ex nie. Al wat ek vra is: “Vat ‘n kans, hoor my uit en word die beste weergawe van jouself.” Ek is amper seker as jy ver genoeg lees, sal jy weer kan lag, of ten minste net glimlag.
“Weeping may last for the night, But a shout of joy comes in the morning.”