Grusaam – De Wet Potgieter
A5, 230p. Die dade en geweldenaars wat Suid-Afrika geruk het.
In hierdie boek loop die ondersoekende joernalis De Wet Potgieter terug op die spore van ʼn klomp geweldenaars in Suid-Afrika se geskiedenis. Dié geweldsmisdade, wat van die laat tagtigerjare tot in die nuwe millennium gepleeg is, wissel van fanatiese verregses wat medeburgers koelbloedig afmaai, tot geweldenaars wat hoëprofiel-staatsmoorde gepleeg het. Hy neem die leser tot agter die skerms van die mees omstrede voorvalle in ons land. Met sy onverskrokke skryfstyl trek Potgieter jou midde-in die sake in.