Genesis: Skepping en/of Evolusie – Johan Spies
A5, 204p.
R170.00
Prof. Johan Spies was die Departementele Voorsitter van Genetika aan die UV tot sy aftrede in 2015. Hy het in sy loopbaan 95 artikels in vakwetenskaplike tydskrifte gepubliseer, sowel as meer as 40 populêr wetenskaplike artikels en meer as 200 kongresbydraes. Sy navorsing was toegespits op evolusionêre genetika.
Na sy aftrede begin hy met intensiewe Bybel studie en uit sy pen het reeds vyf boeke, hoofsaaklik oor eindtydgebeure, verskyn.
In hierdie boek oor Genesis bring hy sy stokperdjie en vakwetenskaplike agtergrond bymekaar om tergende vrae uit Genesis te beantwoord. Sy slotsom is dat God geëer moet word as die Almagtige, Alwyse, Skepper God!