Gariepdam: Van Toeka tot Nou (SWART) – Johan & Marianne Visser
210 x 250, 244p.
(SWART)
R240.00
Die boek, Gariepdam – Toeka tot Nou, handel oor groot areas in die Suidoos-Vrystaat, Suidwes-Vrystaat, Oos-Kaap en Noord-Kaap al langs die Caledon- en Oranjeriviere. Die Oranjerivierprojek sluit die volgende projekte wat tot stand gekom het in: (van oos na wes) Welbedachtdam, Knellpoortdam, Caledon Natuurreservaat, Tussen die Riviere Natuurreservaat, Hennie Steynbrug, Oranje-Vistonnel en kanale na Oos-Kaap, Oviston Natuurreservaat, Gariepdam en kragstasie, Gariep Natuurreservaat, Vanderkloofdam en ondergrondse kragstasie en kanale, Doornkloof Natuurreservaat, en die konstruksie van dorpe soos Welbedachtdam, Oviston, Midshaft, Teebus, Uitkeer, Oranjekrag, P.K. le Rouxdam en Orania.
Die boek raak ook die lief en leed van, onder andere, die volgende aan: Die impak van die Oranjerivierprojek op die mense van die plase wat uitgekoop is. Groot hoeveelhede grond/plase is uitgekoop om hierdie bogenoemde projekte moontlik te maak. Baie boere wat voordeel getrek het uit hierdie grootse projek waar groot hoeveelhede landbougrond beskikbaar gestel is,vir besproeiing vanuit die damme en kanale wat gebou is. Die impak op inwoners van bestaande dorpe waarvan Wepener, Bethulie, Venterstad, Steynsburg en Petrusville die belangrikste was. Verhale van die nageslagte van ontheemde boeregesinne.
Die duurste deel van die hele Oranjerivierprojek was die Oranje-Vistonnelprojek wat in 1975 voltooi is. Die Gariepdam, wat die grootste deel in die Oranjerivierprojek was en op 4 Maart 1975 ingewy is, vier 4 Maart 2022 die 50ste bestaansjaar. Lees gerus hierdie omvattende geskiedenis van die Oranjerivierprojek, die omgewing en sy mense en soveel meer.