YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 153p.
R140.00
Dis Mei 1836, Kommandant Hendrik Potgieter en sy mense is aan die trek noordwaarts. Basjan Muller is een van die staatmakers – ʼn dapper jong man wat hoop op ʼn beter toekoms vir hom en Santie wanneer hulle die dag trou. Basjan se broer, Bertie, sou liewer in Grahamstad wou agterbly … hy kan nie eers ʼn dier doodskiet nie, wat nog te sê van ʼn mens! En dan is daar die mooie Lettie oor wie hy besorg is, die sestienjarige meisie wat moedig omsien na haar swanger ma en beskonke vader. Maar dis die donkerman, die geheimsinnige Trekker met die donker vel, swart klere en swart hoed, oor wie almal wonder. Is hy dalk die spioen in hul midde?