Digters is Stigters (sagteband) – Stephan van Staden
A5, 176p. Sagteband
’n Honderd en Enkele Gedigte
Kom duik diep in die wonderwêreld van meer as ’n honderd splinternuwe Afrikaanse gedigte wat die tradisionele digkuns en die moderne saamsmee. Met meer as 150 bladsye is daar iets wat elkeen kan vind wat resoneer of inspireer of ons met ander mense en herinneringe verbind. In Stephan se woorde:
My septer is my pen
waarmee ek harte wen
en my ryk van lekkerkry
grensloos verder uitbrei.
Kom reis saam in my verre
verby planete en sterre.
Kom reis weer terug
smarteloos en lig –
dan kan jy my ook wys
hoe lyk jou paradys.