Die wêreld om ons : Joan Groenewald
A5, 63p.
R160.00
Die boek is divers en gaan oor die deling van kennis ten opsigte van die 21ste eeuse mensehandel. Hierdie mensehandel kom voor in normale en doodgewone gesinne soos ek en jy. Daar is waarnemings en aannames dat die meeste mense arm en werkloos is, maar daar is ook verhale van goed gekwalifiseerde persone, soos van ʼn maatskaplike werker, wat amper in die strik van mensehandel vasgepen is. Daar is geen onderskeid in kleur of ouderdom nie. Dus word u blootgestel aan die lewens van o.a. Elrie, Beauty, Nanna en Amy wat baie kwesbaar was. Hulle het soortgelyke ervarings gehad wat hul lewens ingrypend verander het.