By die vurk in die pad – Johann Voges
Waar reg of verkeerd kies ewe sleg of goed kan wees.
A5, 296p.
R250.00
Ek wil kies om in liefde by die waarheid te bly
al maak dit seer maak dit my terselfdertyd vry
Ek kies om te verander wat ek weet ek moet
eerder as vasklou aan onbruikbare ou goed
Ek kies om te bly dink en praat oor my glo
sonder aanstoot gee hier onder of daar bo
Ek kies om deur my struikelblokke te werk
sover dit kan onnodige seerkry te beperk
Ek kies om die Here te vertrou vir wanatoe
ondanks al my twyfel en verdwaal soontoe
Ek kies om te bly leer uit foute wat ek maak
ook om die klaargeleerde foute agter te laat
Ek kies om te doen wat U ookal van my vra
met genoeg genade wat my in liefde verdra
Ek kies om by alle versoekings verby te loop
as ek da’in vasloop help my ook daar uitloop
Ek kies in omgeëliegeit nie praatsiek te raak
om nie my en ander daardeur seer te maak
Ek kies om met U te praat oor my lewenssin
die verskil wat ek maak oor U verskil daarin
Dankie dat U as Vader U nie oor my skaam
ek wil so graag as u kind daai liefde beaam
Gee my geloof om my keuses te kan maak
genoeg liefde wat dit ook makliker laat raak