YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 410p.
R230.00
Die windverwaaide Wes-Transvaalse dorpie Swartruggens word geruk deur ʼn afgryslike wrede moord van ʼn swart prostituut agter in die skrootwerf van die spoorwegstasie. Haar naakte liggaam is tussen ʼn stapel ou dwarslêers gevind met haar keel wat van oor tot oor oopgesny is. Speurder adjudant-offisier Klein Daan Steenkamp van die Rustenburgse Speurtak word deur sy distrikspeuroffisier gestuur om te gaan kyk wat aangaan. Die moord skok hom en wat hy op die toneel waarneem maak ʼn blywende indruk op hom.
Jare later is Klein Daan Steenkamp ʼn offisier by Brixton Moord en Roof eenheid en word hy deur die nasionale speurhoof getaak om ʼn reeks moorde van swart straat prostitute te ondersoek. Gou kom hy agter dat al die moorde se modus operandi ooreenstem met die moordsaak wat hy destyds in Swartruggens bygewoon het.
Soos sy ondersoek vorm aanneem stel hy vas dat die moordenaar vermoedelik sy stiefbroer Storm Steenkamp kan wees. Hy was destyds toe die moord gepleeg is, ʼn portier werksaam op Swartruggens se spoorwegstasie.
Storm Steenkamp is egter ʼn baie geslepe reeksmoordenaar en beplan sy moorde baie sorgvuldig. Hy verdoesel sy spore baie deeglik, maar op elke liggaam laat hy sy merk doelbewus agter.
Van Durban tot in die Wes Rand word hy gesoek, maar kan elke keer die Taakspan van majoor Klein Daan Steenkamp ontglip.
Tot eendag …