T18 Tarzan en die luiperdmanne : Edgar Rice Burroughs
Die luiperdmanne met hulle staalkloue is op soek na slagoffers vir hulle barbaarse rituele. Die geheime kultus boesem vrees in by al die inboorlinge van die oerwoud. Slegs Orando van die Utengi het die moed om oorlog teen hulle te verklaar. En saam met hom Tarzan van die Ape, wat egter getoor word om te glo hy is Muzimo, die gees van Orando se voorvaders. Maar daar is verraaiers onder Orando se mense. En in die stad van die luiperdmanne vind Tarzan vir Kali Bwana, ʼn Blanke meisie wat na Afrika gekom het op soek na ʼn vermiste man. Slegs Tarzan kan haar red…