Die verhaal van Brakwater in die Bo-Karoo : Fanie du Plessis
Hierdie is nie fiksie wat in iemand se verbeelding ontstaan het nie. Dis die lotgevalle van mense wat werklik geleef het en spore nagelaat het, wat nie deur die tyd uitgewis behoort te word nie. Hulle verdien meer as net stilte. Iemand moes eenvoudig hierdie kosbare gebeure opteken voor dit onherroeplik verlore gaan.
Terselfdertyd is dit die verhaal van soveel ander plase wat onbewoon en verlate agtergelaat is. As daar iewers in jou herinneringe ‘n plaas en sy mense is, waarna jy met heimwee terugverlang, is hierdie boek vir jou bedoel.