Op Vlerke van Hoop – Susann Moolman
A5, 386p. Verwerking van rousmart.
- Is dit moontlik om rousmart en traumatiese verlies ten volle te verwerk?
- Kom jy oor verlies of werk jy daardeur?
- Kan tyd ’n verskil aan rousmart maak?
- Kan rousmart dalk tog netjies in vyf stappe ingeperk word?
- Is dit moontlik om op te hou treur, maar sonder om te vrees dat jy jou ‘persoon’ gaan vergeet?
- Wat van die ouer wat ’n kind aan die dood afgestaan het? Is daar hoop?
- Is die rousmart anders vir ’n kind, eggenoot, broer/suster?
- Watter uitdagings skep traumatiese omstandighede soos moord en selfdood in die verwerking van verlies?
’n Groot verlies en die verwerking daarvan is ’n groot uitdaging. Dit is menslik om gou-gou beter te wil voel, maar sonder om die hartseer te konfronteer is daar nie ’n “beter” nie.
“Pain that is not transformed is transmitted.” – Richard Rohr