YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 104p. Wirebind
R250.00
‘n Drama van 100 minute oor 6 tonele.
Rolverdeling: Hoofrolle (1 manlik & 1 vroulik); Ondersteunende rol (1 vroulik); momentele impakrolle (4 wat deur 2 persone vertolk kan word)
Hierdie Christelike drama oorspan twee millenniums, van Jesus se lyde tot moderne tyd. Twee jaar na Jesus se kruisiging, steier Judas Iskariot se ma en pa steeds in die eindelose en eensame nadraai van sy verraad en selfdood.
Die rou oor hul seun is soos ‘n smeulende vuur op ʼn stormagtige dag, met die ergste wat nog kom: Hulle weet nog nie dat hul seun die mees veragte mens op aarde gaan word nie; nie dat hul seun se berou ontken en geminag gaan word nie; en nie dat die naam Judas met minagting bejeën sal word tot in alle ewigheid nie.
Die gehoor word betrek by die rou van ʼn man en ʼn vrou, individueel en as ʼn egpaar. Die naspel van die Judas-verhaal word verder gedramatiseer met insetsels van mimiek, dans, gebede, duetsang en, om die emosie en spanningslyn te verdiep gebeur die ondenkbare, soos byvoorbeeld . . .
Hierdie is die tydlose verhaal van hulle wat agterbly na ʼn menslike tragedie; hulle wat uitgemergel is deur onbeantwoorde vrae, onverkrygbare vrede en wanhopige hoop te midde van sosiale vooroordeel. Nogtans, heling kom … soos belowe.
‘Die verraad van Jesus Christus deur Judas Iskariot word deur die geskiedenis beskou as ‘n verskriklike en diaboliese daad.’ (Herbert Lockyer)