YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 168p.
R120.00
Geloof word as onlosmaaklik van jou lewe beskou as jy bely dat jy ‘n Christengelowige is. Maar wat maak jy as dinge in jou lewe gebeur waaroor jy geen beheer het nie? Versterk dit jou geloof? Begin jy twyfel? Wonder jy waarin of wat jy moet glo? Is geloof nog relevant?
In Sandgrond is dit presies die vrae wat ‘n jong ouerpaar vrae wanneer twee van hulle drieling as siamesies die wêreld inkom. Die uitgerekte stryd om hulle lewe, die terugslae, mediese koste en werkloosheid, dompel die ouerpaar in ‘n geloofskrisis – geloof wat met tye in sandgrond vasval.
Al wat verhoed dat hulle hierin vasgeval bly, is die vaste wete en geloof dat God IS. Dit word hulle ankerpaal as die dinge waarvoor hulle hoop, glo en bid, een vir een onder die sand verdwyn.