Gedagte stryd : Willie Botes
A5, 177p.
R160.00
Karel Bester se soeke na Esme se moordenaars het op ‘n einde gekom. Sy kruispad is voltooi. Nuwe avonture wag vir hom in die asemrowene natuurskoon van die Suid-Kaap. Karel droom somtyds van sy vorige liefde, Kate Bezuidenhout, waar sy iewers vasgevang staan in ‘n muwwerige bos. Is dit waar of is dit net ‘n droom? Hy sal alles in sy vermoë doen om haar te vind en te help. Om dit te doen sal hy weer sluimerende gevare moet trotseer. Skurke met nuwe tegnologie sal sy pad kruis wat nie net sy lewe nie, maar ook die van sy geliefde in doodsgevaar plaas. Na alles het Lizelle vir hom ‘n verrassing wat sy lewe vir altyd sal verander.