YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 100p.
R120.00
Die volle sosiale konsekwensies van ons nuwe demokratiese bestel sou vir my en my vrou, Erna, op ‘n baie persoonlike wyse soos ‘n emmer koue water tref. Met apartheid iets van die verlede en ‘n geïntegreerde en nie-diskriminerende opvoedingstelsel binne ‘n konteks van ‘n klein wit minderheid binne ‘n hoofsaaklik swart Afrika kontinent, het die tafel vir ontnugtering gedek. Hoe kan dit wees? Hoe is dit moontlik? Ons dogter, Carla, in ‘n ernstige verhouding met ‘n swart man. Sy het tog met Afrikaner tradisies groot geword! So byvoorbeeld was sy haar hele skoolloopbaan lid van die Voortrekker kultuurbeweging waarin sy dan ook deurentyd leierposisies beklee het. En wat gaan die mense en ons families sê! Hoe gaan ons en Carla nou beoordeel word … Vriendskap is een ding, maar ‘n huwelik!
Hierdie boek wil ‘n getuienis wees van die emosionele kronkelpad waarop Carla en Lufuno se verhouding en uiteindelike huwelik ons geneem het. Die kronkelpad nie net van aanvaarding nie, maar ook van ‘n nuwe of aangepaste lewens- en wêreldbeskouing. Die opsit van ‘n nuwe “bril” waarna daar nou na die lewe gekyk word.
Hierdie opsit van ‘n nuwe bril het hom egter nie net beperk tot die sosiale nie, maar ons ook polities beïnvloed.Dit het ons (verrassend!) ook by nuwe hoop uitgebring, hoop vir ons land en sy toekoms. Hierdie boek poog dus nie net om van waarde te wees vir hulle wat hul sosiaal in dieselfde bootjie as ons bevind of nog gaan bevind nie, maar wil ook ons kronkelpad na hoop aantoon. Dit wil dus ook ‘n boek van hoop wees te midde van die politieke en staatkundige werklikhede wat soms so poog om elke greintjie hoop uit ons te pers.