YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 151p.
R100.00
Wimpie help vir Hannetjie om op die perd te klim. Nie omdat sy nie kan nie, nee! Hy moes net weer bietjie aan haar vat, selfs net bietjie help om haar rokkie reg te trek in die saal. Tik-Tik loer hom net so onderdeur in vermaning aan, want die een wat met sy Nonnetjie mors, gaan met hom te doen kry. “Wimpie!” waarsku hy, “Jy kyk mooi na my Nonnetjie!”
“Hy sal Tik-Tik!” kom Hannetjie tussenin, “hy kyk altyd mooi na my!” uiter sy haar gerusstelling. Tik-Tik gee net so ʼn skewe laggie asof hy van beter weet.
Dit was nie eers ’n soen, soos romantiese liefdesdromers vandag beleef nie, nee, dit was nie eers vol op haar mond nie, maar sy wonder tog of daar ooit weer iets in haar lewe kan gebeur wat daardie onskuldige kinderdrome, skuldgevoelens en uitsien na meer se betowering en nostalgie kan ewenaar.
Dan sien sy haar, as die laaste blik deur haar traanbedekte oë weer helder in haar geheue teruggeroep word. Sy klim verleidelik uit Wimpie se motor. Aan haar linkerhand, waarmee sy aan die dak vashou as sy uitklim, blink haar groot oorwinningsvlag. Die reuse diamantring wat soos die Aandster op ’n helder maanskynnag skitter.
Die bewondering in sy helderblou en nougetrekte skrefiesoë moet eerlik wees en sy is vrou genoeg om haar deur sy onverskrokke en verbode liefdesaanslag te laat welgeval. Sy wonder of die sagtheid van sy hande deur haar hare en sy passievolle omhelsing nie tog ook maar by hom die begeerte laat ontstaan om haar te besit soos wat hy haar as kind belowe het nie en soos sy tans oor hom voel nie.