Sandspore van Genade – HJ Cronjé Maximize

Sandspore van Genade – HJ Cronjé

A5, 235p.

More details

ISBN: 978-1-928499-71-8

R 110,00

Die Kalahari is ‘n storie wêreld wat maklik diep lêplek maak in jou hart. Veral as hierdie verhale en stories oor die Skepper van hemelgoed en stofaarde se volpens voorsiening en uitgestrekte genade gaan.

In ‘n dorsland van sand, son en klip het HJ en sy Mooiste Mooi kom woon om Jesus aan vergete en alleen mense voor te stel.

Sandspore van Genade vertel van hulle belewenisse.

 

Iets oor my as skrywer:

Skryf vir my is maar ‘n sukkelsaak - amper soos ‘n dorpsbakkie wat ‘n hogere dwarsduin sonder monentum moet aandurf. Dis mos soveel lekkerder om ‘n storie te vertel as wat dit is om dieselfde storie te skryf.

Maar nou is jy nie altyd naby genoeg om die Kêrelkind van God se storie in my en die Mooiste Mooi se lewe te hoor nie. Die storie moet uit en daarom skryf ek hom. Oor en oor en weer en weer … totdat hy reg op die oor en op die oog lê. Dan kan jy daardie storie mos lees net wanneer jy wil en net waar jy wil.

No customer comments for the moment.

Write your review

Sandspore van Genade – HJ Cronjé

Sandspore van Genade – HJ Cronjé

A5, 235p.

Write your review