Reis deur Klatergoud – Leandra Naudé
A5, 398p.
R219.95
Alles lyk presies dieselfde, tot op die laaste skildery, so asof tyd stilgestaan het en Arriana steeds ’n kind in die huis is. Selfs die magtelose gevoel wat sy soms as kind ervaar het, is deur die mure ingesuig en dreig om soos rook te ontsnap en haar te infiltreer as sy lank genoeg stilstaan.